LIBERTAS BROOD
Ekt netnou met koring wat ek by my vrind Gideon gekry het en dit self gemaal het in my elektriese meultjie, ‘n brood gebak en dis nogals djeeeeerlik.
- 2 koppies gesifte meel (koring wat ek self gemaal het)
- 1 pakkie kitsgis
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel suiker
- 2 teelepels olyfolie
- ¾ koppie lou water
Meng die meel, suiker, sout en gis.
Voeg die olie by die water en voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Knie tot dit ‘n sagte deeg vorm en plaas in ‘n gespuite kleinerige broodpannetjie en laat rys vir ongeveer ‘n uur (nie afgeknie nie).
Plaas in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC en bak vir 30 tot 40 min.
Djeerlik
Resep en foto: Gideon Louw