Your Recipe Blog

LEMOENSTUKKONFYT 

LEMOENSTUKKONFYT

Ek kan hierdie konfyt regtig aanbeveel, ek is nie lief vir lemoen konfyt nie, maar na 4 – 6 maande is hierdie stukke regtig baie baie lekker, dankie Ella Brandt vir die resep.

Rasper die oranje buiteskil van die lemoene baie dun af die lemoene moet nog oranjekleurig wees.
Vryf dit met ‘n bietjie growwe sout in.
Sit dit 20 minute opsy.
Spoel die lemoene in ‘n vergiettes onder lopende koue water af.
Bedek dit met baie warm water (nie kokend) in ‘n emaljehouer en plaas ‘n bord of houer daarop om die lemoene onder die water te hou.
Laat die lemoene oornag week.
Dreineer.
Halveer die lemoene en weeg die halwes af. Kan ook in kwarte sny, dit bedien makliker en pak ook makliker in die bottels, maar dit hang af hoe groot is die lemoene.
Plaas in ‘n groot kastrol.
Bedek dit met vars water en kook tot dit sag is sodat ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gesteek kan word.
Skep die lemoenstukke versigtig met ‘n dreineerspaan uit en gebruik die water waarin die lemoene gekook het vir die stroop.

STROOP
Gebruik vir elke 1 kg lemoenstukke 2,5 water (waarin die lemoene gekook het), 1,25 kg suiker en 20 ml suurlemoensap.
Verhit die water en die suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is.
Syg die stroop deur, voeg die suurlemoensap by en verhit tot kookpunt.
Plaas die lemoenstukke met verdrag daarin sodat die stroop nie ophou kook nie en kook dit matig vinnig tot die stroop dik en die lemoenstukke deur gekonfyt is OF kook die lemoenstukke ‘n kwartier lank matige vinnig.
Haal die kastrol van die stoof af en laat die lemoenstukke oornag in die stroop masereer.
Skep die lemoenstukke die volgende oggend versigtig met ‘n dreinerspaan uit, syg die stroop weer deur en verhit dit tot kokpunt. Plaas die lemoenstukke daarin en kook dit totdat die stroop dik en die lemoenstukke deur gekonfyt is.
Skuim die konfyt af en bottel dit soos volg:
Pak ‘n laag lemoenstukke lossies met die snykante na buite in die konfytfles en bedek dit met ‘n laag stroop.
Herhaal dit tot die fles gevul is.
As die fles vol is, moet daar nie ‘n gedeelte van die konfyt bokant die stroop uitsteek nie.
Seël die flesse dadelik.

Resep geplaas deur Ella Brandt
Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page