Your Recipe Blog

LEKKERSTE SKAAPSTERT TAMATIEBREDIE

LEKKERSTE SKAAPSTERT TAMATIEBREDIE

  • 2 uie, opgesny
  • 2 medium aartappels, opgesny
  • 3 gesnyde tamaties
  • gemarineerde skaapstertjies
  • sout en peper na smaak

Pan braai gemarineerde skaapstertjies tot lig bruin in die marinade waarin dit verpak was.
Haal die stertjies uit en braai die uie tot deursskynend in dieselfde pan, voeg die aartapels en gesnyde tamaties by.
Sit ‘n lekker stuk botter by en prut ‘n rukkie, voeg bietjie water en die stertjies by en kook  vir so ± 90 min. oor lae hitte tot alles gaar is.
Voeg sout en peper by na smaak.
Haal deksel af en kook tot die oortollige sous verdik het.

Nota:
Die stertjies wat ek gekoop het by Checkers was klaar gespice. As jy nie dit so kry nie kan jy gewone sout en peper met suurlemoensap gebruik. Lê dit vir so dag daarin en kook dan soos hierbo.
Jy kan ook Jimmy sous gebruik!!

Resep en Foto: Attie Eloff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page