Your Recipe Blog

LEKKERSTE MALVAPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

LEKKERSTE MALVAPOEDING

Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
Foto en nota: Marie Bateman
Het hom vandag gebak en dit is heerlik. Hierdie is ‘n Bêre resep.
Ek het net minder suiker in beslag en sous gebruik en room ipv Ideal Melk vir die sous!

  • 2 eiers
  • 2 koppies suiker
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels koeksoda
  • 2 koppies melk
  • 3 eetlepels bruin asyn
  • sout
  • Klits eiers en suiker goed saam. Voeg alles by eier- en suikermengsel en klits tot net gemeng.
  • Bak teen 180 °C vir ongeveer 30 minute tot gaar.
  • Wanneer poeding uit oond kom giet dadelik die warm sous oor.
  • Sous:
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 koppie water
  • 1 blik Ideal melk
  • 250 g margarien
  • Kook alles saam.
  • Nota:  Lollie Blossom
    Hierdie is die resep wat ek ook gebruik, maar 4 koppies suiker is te veel. Ek verminder die sous se suiker na een koppie toe. Die poeding self se koppies suiker maak ek ook nie heeltemal vol nie. Dit bly ‘n bobaas poeding.
  • Nota: Lea Drieselmann
    Ek maak die presiese een, maar verminder die suiker in die stroop sodat dit nie so soet is nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page