Your Recipe Blog

LEKKER VARKTJOPS MET PYNAPPEL

LEKKER VARKTJOPS MET PYNAPPEL

  • 4 – 6 vartjops
  • sout, peper en braaispeserye na smaak
  • 1 blik pynappelstukke, hou die sap
  • water
  • 1 teelepel Maizena (of Bisto)

Verbruin die tjops in ‘n pot, dit moet net seël.
Pak in ‘n oondpan, geur met sout, peper en speserye.
Giet die sap van die pynappelstukke in ‘n koppie.
Maak die koppie verder vol deur water by te voeg.
Verdik met die Maizena of Bisto.
Versprei die pynappelstukke oor die vleis.
Giet die sous oor die vleis.
Bak in die oond teen 180°C vir 20 tot 30 minute, afhangende hoe dik die vleis gesny is.
Onthou die vleis is reeds halfgaar met die verbruining.
Bedien saam met enige gaar stysel: rys, stampmielies, koring of pap.

Nota:
Ek maak die bak vir driekwart van die tyd toe en bak oop vir die laaste 10 minute.
Die sous moet lekker verdik.
Lekker soetsuur.

Resep: Liza Lourens

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page