LEKKER SOMERSLAAI MET HALOUMI KAAS
- baba spinasie
- wilde roket
- bronkors (watercress)
- beet spirale
- lemoen, in klein blokkies gesny
- okkerneute, klein gekap
- haloumi kaas, diep gebraai
- olyfolie
- botter
- 1 rissie, opstioneel
Braai haloumi kaas in bietjie olyfolie en botter net genoeg om die kaas so halfpad te dek.
Ek het die kaas in 1 cm x 1 cm blokkies gesny.
Ek het 1 rissie in die olie gegooi vir esktra skop. Plaas die blokkies kaas in die warm olie/botter mengsels en panbraai die kaas tot goud bruin. Skep uit op kombuispapier en laat afkoel.
Meng al die bestanddele saam op ‘n opdienbord.
Vir die slaaisous het ek balsamiese asyn en heuning geklits en oorgedrip.
Foto en resep: Michelle Pieterse