Your Recipe Blog

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES

Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 36

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES

Juanita Vermeulen
Hi Lede ek het gaan rond krap op die blog opsoek na ‘n cupcake of kolwyntjie resep. Ek het op die een afgekom sonder ‘n foto en besluit om dit te maak. Mensig dis vrek lekker. Lekker sag en klam. Glad nie droog nie.

  • Kook saam en laat heeltemal afkoel:
  • 125 ml olie
  • 185 ml melk
  • Klits saam:
  • 250 ml suiker
  • 4 eiers (klits een vir een eier by suiker tot lig van kleur)
  • Meng droë bestanddele saam en meng goed:
  • 375 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • Ekstra:
  • 5 ml vanilla geursel

Voeg die droë bestanddele om die beurt met melk, so in drie gedeel om die beurt by.
Voeg die vanilla geursel by deegmengsel en meng deur.
Skep in kolwyntjie pannetjie en bak 15 minute in oond van 180ºC.

Heerlike versiering:

  • Klits saam tot lekker glad:
  • 1 koppie versiersuiker
  • ¼ koppie botter
  • Roer die volgende by,  moenie klits nie, vou net in:
  • ¼ koppie roomkaas
  • 5 ml vanilla geursel

Versier kolwyntjies soos verkies.
Heerlik, lekker eet!

Resep: Lynne Du Plessis
Foto’s:  Juanita Vermeulen

Nota:
Die versiersel se resep se verhouding teenoor die hoeveelheid kolwyntjies is uit. Ek het 36 kolwyntjies met die resep gekry en kon net 18 kolwyntjies versier so dalk maak die versiersel se resep dubbeld aan.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page