LEKKER KERRIE-OTJIE-POOTJIES (VARKPOOTJIE KERRIE)
Baie eenvoudig, soos ouma gemaak het. Vir die van julle wat nie afval eet nie, dit ruik en smaak glad nie soos afval nie, dis maar soos enige ander dis met varkvleis in. Glo my vry, want ek eet nie afval nie.
- 3 (of meer) varkpootjies, gehalveer en skoongemaak
- 4 aartappels, kwarte gesny
- 2 uie, kwarte gesny
- knoffel na smaak
- 1 eetlepel suiker
- 2 eetlepels Rajah medium kerriepoeier
- 2 eetlepels borrie
- knippie fyn naeltjies
- knippie fyn koljander
- 2 lourierblare
- sout en witpeper na smaak
Braai die uie, aartappels, knoffel, suiker en die speserye in bietjie olie vir so 5 minute.
Voeg die pootjies by en meng goed.
Laat drukkoker se stoom opkom en kook vir ongeveer 30 minute tot lekker sag.
Moenie water byvoeg nie, want die sous moet lekker taaierig wees.
Bedien met stysel van keuse.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto: Adam Cloete

