LEKKER DIK BOONTJIESOP
- 500 g droë boontjies
- 500 g sopvleis (shins)
- aartappel
- 1 groot wit ui
- 1 ½ pakkie beesstert soppoeier
- 250 g rou macaroni (halwe pakkie)
- sout en peper na smaak
Kook boontjies in stoompot tot sag. Ek het nie die boontjies geweek nie. Ek het die bone net net bedek met water en die bone laat kook in die drukpot. Elke half uur oop gemaak.
Weer water bygevoeg. So min of meer ‘n uur en ‘n half toe was die bone sag.
Skep die gaar boontjies oor in groot pot waarin sop gekook gaan word.
Maak boontjies fyn met ‘n drukker.
Kook sopvleis in stoompot tot sag (± 2 ure).
Voeg die gaar vleis en gerasperde groente by die boontjies in die pot en kook tot groente sag is.
Vul water aan indien nodig.
Maak die soppoeier aan met bietjie water en voeg soppoeier en macaroni by die sop, asook sout en peper na smaak.
Sit deksel op en kook oor stadige hitte vir ongeveer 3 ure.
Bedien saam met broodrolletjies.
Resep en foto: Anina Lambrechts