Your Recipe Blog

LEKKER BROODJIE EN ROLLETJIES

Cook: 35 minutes

LEKKER BROODJIE EN ROLLETJIES

Broodjie was heerlik met konfyt en kaas.

  • 650 ml lou warm water
  • 1 kg broodmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 teelepel sout

Meng gis en suiker saam met die water.
Sit eenkant vir paar minute totdat die gis aktiveer en begin skuim.
Sit dan meeste van die meel en die sout by die gismengsel en roer met ‘n vurk tot alles goed gemeng is.
Strooi bietjie meel op jou toonbank en keer die deeg daarop uit en knie en werk die deeg goed tot dit lekker elasties is en nie te erg aan jou hande klou nie.
Sit terug in die bak en bedek met ‘n klam doek en laat dit rys vir omtrent ‘n uur of tot verdubbel in grote.
Nadat die deeg vol gerys het, knie weer net ‘n paar sekondes en vorm in wat ook al vorm jy wil hê. Plaas in gesmeerde panne.

Nota:
Rolletjies of brode, enige iets sal werk.

Laat staan in die panne tot dit weer verdubbel het in grote, kan ook tot ‘n uur vat.
Bak in ‘n vooraf verhitte oond van 180ºC vir 35 minute of tot mooi goudbruin.

Resep en foto: Schalk Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5