LEKKER BEESSTERT MET GROENTE
- Sny die volgende groente op in stukke:
- 1 of 2 uie
- 2 tot 3 repe selderystele, insluitend die blare
- 2 wortels
- 3 knoffelvingers, hang af van hoeveel vleis jy gaan gebruik
- Plaas die volgende in ‘n plastieksak:
- genoeg koekmeel om die vleis te bedek wanneer jy dit insit
- sout
- peper
- bietjie gerookte paprika
- origanum
- Ekstra:
- beestert
- olyfolie
- ½ bottel goeie rooiwyn
- 2 hoender ekstrakblokkies
- blikkie tamatie en uiesmoor, opsioneel
- aartappels
- sout en peper na smaak
- Bisto, indien nodig
Plaas stukke vleis in die sak by die meelmengsels. Vou sak toe en rol vleis daarin tot goed bedek met die meelmengsel.
In die kastrol sit ek verkieslik olyf olie of wat jy beskikbaar het om die bodem te bedek en op hitte 4/5.
Braai die stukke vleis wat uit die sak gehaal is en oortollige meel afgeskud is tot goud bruin.
Sit apart in ‘n skottel. Volg tot al die vleis gedoen is.
Moet nie al die vleis op eenslag saam in sit nie anders sal dit nie mooi bruin bak nie.
As dit lyk of daar brandsels onder vassit in die pot moet nie belommerd wees nie dis die lekkerste.
Vat die groente wat jy geskil het en braai dit nou alles saam in die pot tot taamlik medium sag is.
Plaas die vleis weer in die pot en voeg die rooiwyn, water en hoenderekstrak by om alles te bedek.
Jou oond moet so 180°C wees. Die bestanddele moet eers begin goed kook op die stoof.
Sit die deksel op en plaas die pot in die oond. Die beesstert vat ‘n redelik lang ruk maar is dit werd.
Na so ‘n uur kan jy die pot uithaal en proe jy kan ook ‘n half tot vol blikkie tamatie en uie smoor by voeg vir ekstra smaak.
Wanneer vleis redelik sag is, getoets met mes se punt of jy kan sien wanneer vleis wegtrek van been, kan jy aartappels by voeg en nog sout en peper na smaak.
Wanner alles gaar is en jy vind daar is taamlik olie wat bo op dryf kan jy dit afskep, want beesstert het nogal taamlik vet wat uitkook.
Vir ‘n lekker souserige maal kan jy ‘n bietjie Bisto aanmaak met water, nie te dik nie en byvoeg.
Resep en foto: Abri Van Vuuren Nuut