Your Recipe Blog

LANK EN STADIGE KUDUNEKBREDIE

LANK EN STADIGE KUDUNEKBREDIE

  • kudunek opgesny
  • ¼ koppie rooiwynasyn
  • water
  • karringmelk (die hoeveelheid hang af van hoe groot jou kuduneksteak is)
  • rooibostee of kruisementtee
  • olie vir braai
  • 1 ui
  • ½ elk groen en rooi soetrissie, opgesny
  • 1 pakkie spek
  • 1 rissie, opgesny
  • vars kruie – tiemie, koljander, roosmaryn, kerrieplant, salie (3 takkies elk)
  • 2 wortels, opgesny
  • pakkie sampioene, opgesny
  • 1 klein pakkie spinasie, gekerf
  • 5 tamaties opgekook, maar kan blikkie tamatie ook vat.
  • 3 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels mosterd
  • olyf olie, vir braai
  • water (alles bedek is)
  • sout en speserye na smaak
  • 2 teelepels Bisto, aangemaak met bietjie water om heel laaste by te sit

Dag 1:
Bedek die kudunekvleis met die rooiwynasyn en genoeg water  en plaas oornag in die yskas.

Dag 2:
Haal die vleis uit die asyn/watermengsel.
Plaas genoeg karringmelk in ‘n bak sodat die bodem bedek is.  Plaas die vleis in die karringmelk en giet dan die res van die karringmelk oor die vleis.
Plaas dit weer oornag in die yskas.

Dag 3:
Spoel die vleis af en kook dit in ‘n stoompot in sterk rooibos- of kruisement tee vir ‘n halfuur. Skuif die vleis na ‘n gietysterpot op die stoof vir die res van die metode hieronder.

Braai vleis in bietjie olie tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai uie, soetrissies en spek in dieselfde pot.
Sit vleis terug by die uie en voeg die res van die bestanddele by behalwe die sampioene en spinasie.
Giet genoeg water by om alles te bedek.
Kook vir ‘n uur lank. Kyk maar gereeld en as jy nog water kort, voeg by.
Die vleis moet deurentyd bedek wees met vloeistof.
Na ‘n uur voeg sampioene en spinasie by en kook vir nog so 10 minute.
Ek het so 2 teelepels Bisto aangemaak en bygevoeg vir die laaste 3 minute net om sous bietjie dikker te maak.
Bedien saam met rys.

Foto en resep: Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page