Your Recipe Blog

LANGLEWE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

LANGLEWE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

Wat gemaak as jou kondensmelk klaar is???

  • 375 ml volroom melk
  • 190 ml wit suiker
  • 30 ml botter

Verhit melk en suiker stadig totdat die suiker opgelos is.
Kook by matige hitte totdat die vloeistof met die helfte verminder het.

Nota:
Vat sosatiestokkie in die begin van die kookproses en sit regop in kastrol met melk en maak merkie.
Deel dan in helfte en meet soos die mengsel kook totdat dit op halfpad kom.
Haal mengsel wat halveer het af en klop botter by.
Bottel baie warm in skoon voorbereide bottel.
As jy baie maak en dit kan vir tot 2 jaar op die rak hou.

Hoeveel kry jy?
1 blikkie se volume uit hierdie resep

Resep: Annelien Pienaar
Foto: Nicolette Papas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page