LAE KALORIEë PIZZA VIR TWEE
Pizza vir 2 aande. Lae kalorie en Diabeet vriendelik. Aangeheg is speserye en basting sous wat ek gebruik het se fotos. Onthou basting sous het Xylitol in wat giftig is vir diere. Asb geen happies vir hulle nie.
Resep soos volg vir alles wat ek opgesit het…
- Deeg:
- ¾ koppie amandelmeel
- 2 eetlepels roomkaas
- 1 ½ koppie gerasperde Mozzarella kaas
- 1 eier, geklits
Smelt Mozzarella en roomkaas saam in mikrogolf. Roer goed.
Meng geklitste eier en amandelmeel saam. Voeg by gesmelte Mozzarella. Meng goed.
Knie bietjie met hande tot goed gemeng. As deeg hard raak, smelt weer bietjie in mikrogolf.
Plaas op bakpapier. Plaas nog bakpapier bo-op en rol uit. Haal boonste bakpapier af.
Sit in vooraf verhitte 220°C oond vir 8 tot 10 minute tot net net gaar.
- Vulsel:
- gebraaide uie met balsamiese asyn
- gesnipperde spek
- hoender fillets
- Chakalaka en speserye na smaak
- Carb Smart BBQ sous
- roomkaas
- soetrissie, gesnipper
- sampioene, gesnipper
- Feta kaas
- Mozzarella kaas
- vars roket
Braai gesnyde uie in olyfolie tot sag. Voeg balsamiese asyn by en laat braai tot lekker konfyterig.
Braai gesnipperde spek tot lekker krakerig in olyfolie.
Braai hoender fillette in bietjie Chakalaka, Walkie Talkie en “Spice it nice” speserye.
Voeg Carb Smart BBQ sous by en braai tot gaar. Snipper hoender en meng deur met oortollige bbq sous.
Smeer roomkaas op pizza basis. Sit van die balsamiese uie op, dan spek en hoender, skyfies soetrissie en sampioene asook gekrummelde feta kaas.
Volg nou met Mozzarella kaas bo op en Italian herb speserye. Plaas in oond by 220°C vir so 8 minute tot kaas gesmelt het. Sit vars roket blare bo op.
Geniet ❤️
Resep en foto: Lynette de Beer


