LAE KALORIEE BOBOTIE
Ek het belowe dat ek my keto/low carb bobotie resep sal plaas wanneer ek dit gemaak het… en vanaand op ‘n koue NZ aand was dit die aand! Ek het my Ouma Lena se resep aangepas, en dit is die eindresultaat. Ek voeg nie gewoonlik low carb brood by resepte nie, maar indien jy dit in die hande kan kry (of jy jou eie maak) maak dit die tekstuur net baie meer soos tradisionele bobotie. Almal hier dink dis heerlik… low carb/keto en diabeties vriendelik, en ek hoop ander dink ook so!
- 15 ml olyfolie
- 1 medium ui, gekap
- 2 eetlepels medium kerriepoeier
- 1 ½ eetlepel borrie
- 1 kg maalvleis
- sout en peper, na smaak
- ½ wortel, gerasper
- 2 snye low carb/keto brood, geweek in water OF 3 eetlepels amandel/sonneblompitte meel
- 2 eetlepels low carb/suikervrye blatjang
- versoeter, na smaak
- sout en peper, na smaak
- Bolaag:
- 200 ml room
- 4 eiers
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel borrie
Braai die ui in die olyfolie tot deurskynend. Voeg die kerrie en borrie by, en braai nog 5 minute. Voeg die maalvleis en wortel by en braai 8 – 10 minute totdat die maalvleis gaar is. Maak die brood fyn en roer by die vleismengsel in.
Voeg ook die blatjang, sout, peper en versoeter (na smaak) by.
Klits die bolaag bestanddele in bakkie met ‘n vurk saam en giet bo-oor die vleismengsel in ‘n 35 x 35 cm oondbak of oondbestande pot.
Bak 30 min by 180°C tot goudbruin.
Nota:
Ek het dit bedien met geel cauli rys en amandels, en ‘n groenslaai.
Resep en foto: Ilze Jacobs