KYLE SE “WHOLE-IN-ONE” OORSKIET RYS DIS
Ek’s mal vir oorskiet rys. Probeer my een. Ek noem dit my Whole-in-1. Die bestanddele hang af van die hoeveelheid rys wat oor is.
- 1 van elk van die volgende:
- ui
- knoffel huisie
- rooi soetrissie
- Oxo hoender blokkie
- groen soetrissie
- gerasperde wortel
- tiemie na smaak
- 1 koppie gevriesde ertjies
- 1 koppie gevriesde garnale
- 1 blikkie gerookte mossels
- suurlemoen
Braai gekapte ui, knoffel en soetrissies saam in die mossels se olie.
Voeg gerasperde wortels by en braai op gemiddelde hitte.
Voeg tiemie en droë Oxo blokkie by.
Kook nog so ‘n paar minute en voeg die gevriesde garnale en ertjies by.
As dit alles lekker deur gekook het, voeg die rys by.
Meng goed en los op lae hitte sodat die rys die sap bietjie op trek.
Voeg mossels by totdat dit warm is.
Skep in en bedien met suurlemoen skyf.
Foto en resep: Kyle Jensen