Your Recipe Blog

KYLE SE “SWEET AND STICKY” RIBBETJIE

Avatar photo
Recipe by
Prep: 24 hours |

KYLE SE “SWEET AND STICKY” RIBBETJIE

  • ½ koppie balsamiekasyn
  • ½ koppie heuning
  • ½ koppie ligte bruinsuiker
  • ¼ koppie lae natrium sojasous
  • 3 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 3 teelepels gerookte paprika

Meng bogenoemde lekker saam en smeer oor die rib.
Draai in kleefplastiek toe en los vir ‘n nag in die yskas.
Maak seker dat die marinade nie te veel is nie anders sal dit moeilik wees om in kleefplastiek te draai.
Hou die marinade wat oorbly eenkant vir die volgende dag.
Plaas die rib na 24 uur in ‘n bak wat ‘n deksel het en bak vir 20 minute op 180°C.
Terwyl die rib in die oond is, neem die res van die marinade en verhit op stoof tot dit bietjie dikker raak.
Wanneer die rib gaar is, giet die marinade oor die rib en bak sonder ‘n dekstel tot lekker bruin.
Hoop julle geniet dit.

Resep en Foto: Kyle Jensen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page