KREEF VOORGEREG
Ons oudurfie vir vanaand was ‘n lekker weskus kreef bedryfie.
As ek kreef gaarmaak, dan stoom ek dit gewoonlik gaar deur eers ‘n bietjie water te kook in ’n kastrol met ‘n siffie binne in. Ek plaas dan die krewe bo-op die siffie en bring weer die water tot kookpunt. Stoom vir 17 minute tot gaar. Laat dit dan afkoel tot koud. My ma het altyd gesê as jy warm kreef eet sal dit jou maag omkrap, maar dit was net dat ons moes wag.
- 2 gaar krewe
- ½ tamatie, in klein stukkies gesny
- ½ ui, fyngekerf
- 4 klein gekerfde agurkies
- 3 eetlepels mayonaisse
- 3 eetlepels soet rissiesous
- ½ teelepel rissievlokkies
- sout en peper na smaak
Stoom die krewe tot gaar. Dop die sterte uit en sny in klein stukkies.
Voeg die gesnyde tamaties en gekerfde uie by die kreef.
Voeg die res van die bestanddele by en meng deur.
Gebruik die kreef se dop en punt van die stert om ‘n bakkie te vorm en skep die vulsel daarin.
Plaas in die yskas tot dit koud is en geniet as voorgereg.
Die vulsel kan ook binne blaarslaai geskep word as alternatief.
Resep en foto: Gideon Louw