Your Recipe Blog

KRAKERIGE HOENDER

KRAKERIGE HOENDER

  • hoender boudjies en dytjies
  • sout en peper na smaak
  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 teelpepels hoenderspeserye
  • 1 teelepel tiemie
  • 1 teelepel pietersielie
  • 2 eiers, geklits
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie broodkrummels

Kook die hoender in water met sout, peper en gakapte ui  tot gaar maar nog stewig aan die been, haal uit die water en laat afkoel.
Meng 2 koppies koekmeel, hoenderspeserye, tiemie en pietersielie in plastiek sakkie.
Klits eiers goed in ‘n aparte bakkie.
In ‘n ander bak meng 1 koppie koekmeel en broodkrummels goed.
Plaas die gaar hoender in die plastiek sak met die koekmeel en skud goed.
Doop hoenderstukke in eier net om nat te maak.
Druk die nat hoender in die koemeel- en broodkrummelmengsel tot goed bedek.
Pak op ‘n plat bord en plaas in yskas vir 1 uur.
Bak die hoender in diep olie tot krakerig.
Nota:
Ek het die hoender in die Deep Fryer gebak op 190° C net vir 1 minuut en toe uit gehaal.
Plaas op ‘n rakkie om oortollige olie te laat afdrup.

Resep en foto’s: Koos van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page