KORSLOSE KAAS QUICHE
Die quiche leen hom ook daartoe om by te voeg wat jy wil, want dis redelik plain. Ek het ‘n blikkie tuna by die mengsel gevoeg.
- 60 ml botter
- 60 ml koekmeel
- 150 ml melk
- 5 groot eiers, liggies geklits
- 1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas
- 2,5 ml Dijon-mosterd
- 2,5 ml bakpoeier
- 100 g Gruyère of beleë Cheddar, gerasper
- 5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
- 30 ml gerasperde Parmesaan en roket, om voor te sit
Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.
Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n aparte bak en geur dit na smaak.
Meng die eiermengsel met die witsous en roer die Gruyère of Cheddar en sprietui by.
Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel.
Sprinkel die parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus.
Sny en sit met roket voor.
Foto: Adam Cloete