Your Recipe Blog

KOOKWATER PASTEIDEEG

KOOKWATER PASTEIDEEG

Bros deeg wat perfek werk vir die onderkant van pasteitjies omdat dit ordentlik deur bak sonder om taai te wees. Ek vind dit die beste deeg vir wildspasteitjies wat ek sommer in my medium grootte muffin panne maak.

  • Deeg:
  • 125 ml kookwater
  • 125 g botter of margarien (ek gebruik botter dit smaak ook lekkerder)
  • 500 ml (280 g) bruismeel (of koekmeel + 2 teelepels bakpoeier)
  • 2 ml sout

Smelt die botter of margarien in die kookwater. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die kookwater mengsel by tot ‘n sagte deeg vorm. Ek gebruik my deeghak in my menger.
Gooi in ‘n plastiek sakkie en sit in die yskas vir ten minste ‘n uur of tot yskoud.
{*op hiedie stadium kan jy dit ook vries vir latere gebruik}.

Op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg plat en rol uit tot 3 mm dik. Sny vorms soos verlang, voer pannetjies of oondbak uit met die deeg.
Sny dekseltjies vir die bo-kante, maak ‘n gaatjie in sodat die stoom kan ontsnap. Sit die koue vleis vulsel in en maak toe met die dekseltjie.
Smeer die kante nat met bietjie water op jou vinger, knyp die deeg toe en verf met geklitste eier of melk met bietjie suiker in.
Bak by voorverhitte oond by 200ºC vir vanaf 20 min tot 40 min afhangende van hoe groot die pasteie is. Hulle moet mooi goudbruin bo-op wees.

Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page