KOLWYNTJIE PANNEKOEK MET MELKTERTVULSEL
- 3 koppies water
- ½ koppie olie
- 1 teelepel sout
- 2 eiers
- 1 eetlepel asyn
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 5 eetlepels suiker
Verhit oond tot 180 ºC.
Meng al die bestanddele saam. Skep in gespuite kolwyntjie pan.
Strooi met baie kaneelsuiker.
Bak vir 15 minute.
Laat staan vir 3 min voor dit uitgehaal word uit die pan.
- Melktertvulsel:
- 250 ml melk
- 1 eier
- 20 ml koekmeel
- 20 ml mielieblom
- 20 ml suiker
- 3 ml vanilla geursel
Meng die koekmeel en mielieblom met ‘n klein bietjie melk. Kook die res van die melk.
Voeg gekookte melk stadig by die meelmengsel terwyl vinnig geroer word om klonte te voorkom.
Plaas terug in die pot en op die stoof teen lae hitte.
Klits eier, suiker en vanilla saam, voeg eiermengsel by kookmengels en roer aanhoudend oor lae hitte tot lekker verdik.
Laat so paar minute bietjie afkoel, maar nie stol. Skep op kolwyntjie pannekoek, strooi kaneel oor en geniet.
Resep geplaas deur Jane Lerm
Aangepaste resep en foto: Corrie Venter
Eerder ‘n vraag, kan mens dié resep met die droë pannekoek mengsel wat te koop is, maak?
Hallo John ek is seker mens sal kan, ek het nog nie probeer nie, maar ek kan nie sien hoekom nie, probeer gerus en laat weet vir ons of dit lekker gewerk het asb?
Mooi dag verder.
Dankie vir terugvoering,laat weet sodra ek probeer het,hou maar duim vas.
Hello Rina. Hoeveel melktertjies maak die beslag
Hi Beaulah, Dit staan bo aan die resep dat dit 24 maak, of tot 50 kleintjies het so ook vir ons vertel.
Sal graag wil weet hoekom jy die resep ‘n 1 ster rating gee asb?
Groete
Rina