Your Recipe Blog

KLIPSOP

Recipe by
Cook: 30 minutes

KLIPSOP

“Soms is so ‘n sommer-net-bymekaar-gooi proses lekker en soms nie, maar dié een was woes lekker. Dis eintlik nie ‘n resep nie, maar sommer net ‘n rekord van wat ek bymekaar gegooi het! Dit was baie koste effektief, want meeste bestanddele was oorbly; net die hoenderblokkies en die ertjiesop dikmaak-blikkie was nie. Maar jis, as ek maar kon sopmaak soos my ou Moedertjie. My mams is al 13 jaar oorlede, maar ons is 2002 al uit Suid Afrika. En met my laaste kuier voor haar dood was sy te siek vir kosmaak. Ek mis my ma se kos. Ek het vanaand hierdie bymekaarsop gemaak. Ook genoem: KLIPSOP. Ek sal ‘n aparte storie opsit van dit. Maar my resep was: kyk wat is in vrieskas! Dit was aandete, saam met brood met regte botter op. Ek wou eintlik maar net wys dat mens magies kan volmaak met oorskiet van ander etes en bietjie by. Dis nou nie rêrig ‘n formele resep nie :).”

  • 1 prei (leek), opgesny
  • ½ witwortel, gerasper
  • ½ raap
  • ½ sakkie gevriesde wortelringe
  • 5 ysblokkie-grootte seldery-aftreksel (stukkies wat te hard was en blare in menger gegooi, geblits en deurgesyg – gebruik gewoonlik 1 blokkie in bredies)
  • 1 koppie oorgeblewe gevriesde groentesop
  • 3 tamaties (wat in vrieskas was, so op die rand van te ryp)
  • 3 ysblokkie-grootte hoeveelheid gekapte capsicum (ook genoem soetrissie)
  • 1 hoenderaftreksel blokkie
  • handvol gevriesde knoffeltoontjies
  • 2 bakkies met oorskietkookkos-oorbly-sous
  • 1 ui, opgekap
  • oorskiet stukkies spek
  • oorskiet stukkie wors, in stukkies gesny
  • sout, peper, tiemie en takkie roosmaryn, na smaak
  • dikgemaak met 3 eetlepels ertjiesop-kondensaat (uit ‘n blik)

Kook alles saam in ‘n drukkoker vir 30 minute, roer deur en bedien.

Kommentaar 1:
Lorett Britnell
Ons noem dit weer GROEISOP. Elke keer as daar bietjie sop oorbly gaan dit vrieskas toe en sit ons elke keer iets by soos byvoorbeeld oorskietvleis en groente wat in yskas is van die week. Dit bly ‘n treffer. Moet sê ons is net twee so daar hoef nie potte vol sop gemaak te word nie.

Kommentaar 2:
Elsabie Templeton
Sop gemaak van oorbly flentertjies, ditjies en daitjies is die lekkerste sop; ek gooi niks kos weg nie. My kinders sê: “Mom, this recycled soup is the best!”

Resep en foto: Kiti Citi

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page