KLEIN PIESANGBROODJIES
Die piesangbroodjie is baaaaaie lekker!
Vroulief het vir ons die lekker piesangbrood gebak. Sy het hierdie resep verdubbel en ‘n grooter pannetjie gebruik en eers vir ‘n 60 min op 180°C daarna vir 30 min op 160°C en vir 15 min op 140°C.
Dit is heeerlik!
- 3 eetlepels margarien
- 1 koppie suiker
- 3 goed fyngemaakte piesangs
- 2 koppies bruismeel
- ½ koppie melk
- ¼ teelepel koeksoda
- ¼ teelepel sout
- ¼ teelepel vannilla geursel
- 2 eiers
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n mengbak en hou eenkant.
Klop die margarien tot sag in ‘n bak en voeg die suiker geleidelik by en meng goed.
Voeg die geklitste eiers stadig by en meng deeglik.
Voeg die fyn piesangs by en meng deeglik.
Voeg die geursel by.
Voeg nou die meelmengsel en melk om die beurt by en meng goed.
Skep die mengsel in klein gespuite brood pannetjies en bak vir 35 min in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC.
Resep geplaas en foto: Gideon Louw