Your Recipe Blog

KLAPPER, SUIKELMIELIE EN BLOUBESSIE KOLWYNTJIES

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 12 kolwyntjies

KLAPPER, SUIKELMIELIE EN BLOUBESSIE KOLWYNTJIES

  • 125 ml bruinsuiker
  • 120 g margarien
  • 2 eiers geklits
  • 1 x 410 g blik geroomde suikermielies
  • 250 ml fyn klapper
  • 120 ml bruismeel
  • 5 ml sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • 250 ml bloubessies

Verhit oond tot 160°C.
Spuit ‘n groot 12 holte muffinpan met kossproei.
Verroom die suiker en margarien.
Voeg die eiers by en klits tot glad en romerig.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.
Roer die bloubessies deur en skep die mengsel in die holtes.
Bak vir 40 minute of tot gaar en laat die kolwyntjies in die pan afkoel.
Wikkel die kante los met ‘n mes en haal versigtig uit. Laat verder afkoel.
Bedien saam met roomys.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page