Your Recipe Blog

KITSPOEDING “MOUSSE”

Recipe by
| Servings: 10 X 100 ml porsies

KITSPOEDING “MOUSSE”

My resep vir mousse.
Genoeg vir 10 sulke 100 ml houertjies.
Ek het al die bestanddele geweeg, daarom is hoeveelhede uitgedruk in gram.
  • 200 g room
  • 200 g kondensmelk
  • 200 g melk
  • 45 g kitspoeding (halwe pakkie) geur volgens eie smaak
  • Ekstra – Opsioneel
  • Tennisbeskuitjies fyn gemaak ongeveer 5 koekies

Klits al die bestanddele saam.
Dit sal naderhand pofferig raak.
Vir onderin die houertjies, maak tenniskoekies fyn en skep omtrent teelepel vol krummels in elke houertjie. 5 koekies genoeg vir 10 houertjies. Jy kan dit ook uitlaat.
Skep vulsel in houertjies.
Verkoel.

Nota:
As jy haastig is kan dit dadelik geëet word.
As dit paar ure gestaan het, kry jy die “mousse” effek better.

Foto en resep:  Wilma Scott

2 Reviews

  1. lynette

    kan u die g in ml skryf asb

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page