KITS KAASSKONS
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie kaas
- 1 koppie melk
- knippie sout
- 12.5 ml bakpoeier
Vehit oond tot 220ºC, spuit muffinpan met spray en cook.
Rasper kaas op fyn kant van die rasper.
Sif dro bestanddele saam. Meng die kaas by die droee bestanddele in en voeg laastens die melk by die droë bestanddele.
Meng goed deur met ‘n houtlepel. Skep lepelsvol deeg in die pannetjie se holtes.
Bak vir ongeveer 10 min tot gaar.
Dien op
As jy groot hoeveelheid wil bak.
- 8 koppie koekmeel
- 8 koppies kaas
- 8 koppies melk (2 liter)
- 15 ml sout
- 100 ml bakpoeier
Volg dieselfde metode soos bo aangegee vir die kleiner beslag en bak tot gaar.
Nota:
Die melk kan met room vervang word.
Daar kan spek stukkies of kaas bygevoeg word.
Foto en resep: Leana de Jager

