Your Recipe Blog

SALM- EN KAASTERT

Cook: 60 minute | Servings: 1 x 28 cm tert

SALM- EN KAASTERT

‘n Keto / lae kalorieë / diabeties vriendelike souttert vir die nuwe jaar. Want hoekom nie!?
Die losboom ringkoekpan maak dit baie spesiaal en indrukwekkend. Nie keto’ers sal nie eers weet dat hier geen meel of gluten in is nie en as jy sonneblommeel (sunflower flour) gebruik soos ek, is dit neutvry ook.

  • Kors:
  • 180 ml amandel- of sonneblommeel
  • 60 ml klappermeel
  • 60 ml sesamesade
  • 1 eetlepel physillium husk poeier
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel gemengde knoffel en kruie geurmiddel
  • knypie sout
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 1 eier
  • 60 ml water
  • Vulsel:
  • 1 koppie mayonnaise
  • 150 ml roomkaas
  • 3 eiers
  • 2 teelepels droë dille (of kruie van jou keuse)
  • 1 teelepel gemengde knoffel en kruie geurmiddel
  • 1 grasui, gekap
  • ½ teelepel gemaalde swartpeper
  • 120 g gerookte salm / ham / spek / hoender / fyn biltong, gekap
  • 300 ml gerasperde kaas

Plaas die bestanddele vir die kors in ‘n voedeselverwerker en meng of meng die bestanddele goed met die hand tot ‘n deeg vorm.
Voer die basis van 28 cm x 10 cm losboomkoekpan uit met bakpapier en klamp die ring vas.
Spuit die basis en ring met kleefwerende kossproei.
Maak jou vingers nat met ‘n bietjie ekstra olie en druk die deeg op die bodem en hoog teen die kante van die pan vas.
Bak die kors in ‘n voorverhitte oond by 175ºC vir 15 – 20 minute tot ligbruin (hou dop want oonde verskil).
Maak intussen die vulsel.
Voeg die eerste 7 bestanddele vir die vulsel in ‘n mengbak en klits dit goed met ‘n elektriese klitser.
Roer die vleis / vis van jou keuse met die kaas by die eiermengsel en roer deur.
Giet die vulsel op die gebakte kors sodra dit uit die oond kom.
Bedek die tert met foelie en bak die tert in die voorverhitte oond by 170ºC vir 40 minute bedek en 20 minute onbedek, totdat die vulsel geset en deurgaar is.
Rooster die tert met die roosterelement op hoog vir 3 – 4 minute tot dit mooi goudbruin bo-op is.
Laat die tert heeltemal afkoel in die pan, verwyder die ring versigtig en bedien.

Nota:
Jy kan enige vleis en kruie gebruik om die salm en dille mee te vervang.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page