KETO/ LAE KALORIE BEKERBROOD BRAAIBROODJIE

- Brood (vir 1 broodjie):
- 1 eetlepel amandelmeel
- 1 eetlepel klappermeel
- ½ teelepel bakpoeier
- knippie sout
- 1 eetlepel gesmelte botter of olie
- 1 eier
- 1 eetlepel room
- Vulsel (vir 2 toebroodjies):
- ½ tamatie, in skywe gesny
- sout en peper na smaak
- 2 dun skywe ui
- 2 dik skywe kaas
Plaas al die broodjie bestanddele in ‘n groot koffiebeker (die beker bepaal die grootte van jou broodjie). Meng al die bestanddele goed saam en mikrogolf op vol krag vir 2 minute.
Maak broodjie los, en haal uit die beker.
Sny in twee helftes en sit tamatie, geurmiddels, ui en kaas op elke helfte.
Plaas oorblywende helfte bo-op. Braai oor louwarm kole tot goudbruin en die kaas gesmelt is.
Resep en foto: Ilze Jacobs