KERSIEBROOD
- 150 g sagte botter of margarien
- 1 ekstra groot eier, geklits
- 5 ml vanilla geursel
- 625 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 100 g (160 ml) rooi glanskersies, gehalveer
- 125 ml water
- 1 blikkie kondensmelk (225 g)
Voorverhit oond op 180˚C en spuit ‘n 26 x 10 cm broodpan met kleefwerende kossproei. Voer uit met bakpapier en spuit weer.
Verroom botter tot lig en romerig en voeg eier en vanilla geursel by. Klits goed.
Sif droë bestanddele saam en voeg kersies by. Voeg saam met res van bestanddele by bottermengsel. Roer goed en skep in die voorbereide broodpan.
Bak vir 60 minute tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel en keer uit om heeltemal af te koel.
Resep en foto’s: Amanda Austen