KERSFEES GAMMON IN ‘N KOMBERS
Hoe om ‘n Gammon gaar te maak dat dit heerlik sappig is…
Díe maklikste Kersfees Gammon ooit! (en die een wat ons elke jaar maak).
Hierdie is die oorspronklike resep van die Redakteur van die Fresh Living Tydskrif, Justine Drake, maar ek het smake en geurmiddels effe aangepas van oorspronklike resep soos my gesin daarvan hou.
Ja, die pot word in kombers toegedraai nadat jy dit gekook het – dit werk dan op dieselfde prinsiep as ‘n “Wonderbag” – en spaar sommer ook krag.
- 1 groot gerookte gammon
- 1 liter Ginger Ale of 1 liter Appeltizer
- 1 ui, in kwarte gesny
- 2 selderystingels
- 2 wortels
- 4 lourierblare
- 4 cm vars gemmer
- 10 pepper korrels
- 2 eetlepels mosterdpoeier
Plaas alles in een pot. Vul aan met kookwater tot dit net-net bedek is. Kook vir net 30 minute.
Haal pot van stoof af en maak seker pot is mooi geseël.
Draai pot styf in ‘n kombers toe en laat oornag staan in die warm sous.
Haal die gammon die volgende oggend uit sous. Sny vel versigtig af en sny vet in Diamant-vormpies.
Verf met glaze van appelkooskonfyt, heuning, fyn vars gemmer en fyn vars knoffel en maak bruin in oond. Verf gereeld.
Indien verkies om dit gaar te kook: 20 minute p/500 g
Notas van Michelle:
Ek het vir die mooi, klein kumquat-skyfies met heel naeltjies vasgesteek op my Gammon.
Ek het smake en geurmiddels effe aangepas van oorspronklike resep soos my gesin daarvan hou.
Resep en foto: Michelle Polley