Your Recipe Blog

KERRIEKALKOEN PASTEIE MET AARTAPPELKORS

KERRIEKALKOEN PASTEIE MET AARTAPPELKORS

Heerlike pasteie, lekkerder as dit koud is.  Dit smaak meer soos skaapvleis as kalkoen 🙂

  • 1 kalkoenboud
  • 3 knoffeltone
  • 2 heel kleinerige uie
  • 2 heel wortels
  • 2 heel aartappels
  • 1 heel rooi warm rissie
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • ½ teelepel paprika
  • 1 teelepel kerrie
  • ½ teelepel borrie
  • ½ teelepel peper
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • ½ teelepel sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 2 ½ koppie kookwater
  • ½ koppie Old Brown sherry

Plaas al die bestanddele in ‘n stoom pot. Ek hou alles heel, dan kook dit nie so fyn nie.
Laat stoom vir so 60 – 70 min.
Haal die wortel, aartappel en rissie uit en gooi die kalkoen en res van die inhoud in ‘n oondpan.
Bak dit nou in die oond met sy jellie aftreksel en al vir omtrent 40 min tot goudbruin.
Daar is nou nie veel van die aftreksel oor nie,omtrent ‘n koppie of so.
Laat die kalkoen bietjie afkoel, haal dit dan in groterige stukke van die bene af.
Probeer om so veel van die jellie as wat jy kan van die been af te kry.
Plaas die stukke kalkoen weer terug in die pot saam met alles wat in die oondpan is.
Kook dit nou weer saggies saam met die klaar sagte groente wat nou self opbreek in stukkies soos jy met dit werk.
Nou kan mens speel met die smaak, of nog kerrie, peper net wat jou tong vir jou so byvoeg.
As dit lyk of dit bietjie water kort voeg nog bietjie by.
Laat dit als vir so 20 min saam kook.
Ek skep uit in ‘n bak en laat koud word.
Wanneer dit koud is, is dit soos bron, die jellie stol dan kan mens dit maklik sny en op die deeg sit.

  • Slap aartappeldeeg:
  • 400 g fyngemaakte aartappels
  • 400 g koekmeel
  • 3 eetlepel botter
  • 1½ tleelepelsbakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 geklitse eier waarvan ek net die helfte ingooi, ander helfte smeer ek my pasteie mee
  • meel vir strooi oor die plastiek

Dreineer al die water van die aartappels af  en maak fyn.
Plaas die meel, bakpoeier, sout in ‘n skottel en meng die botter mooi deur die meel.
Plaas die fyn aartappels en bietjie meer as die helfte van die eier by die meel en meng goed deur.
Dit is ‘n baie sagte deeg en moet maar met so bietjie botter aan jou hande hanteer word.
Plaas die deeg in kleefplastiek  en in die yskas. Laat staan die deeg ook vir so 2 ure voor jy dit bewerk.
Wanneer alles koud en gestol is kan die uitrol werk begin.
Neem plastiek en weeg die deeg in 200 g bolle af.
Smeer jou hande en hanteer die deeg met botter vingers tot dit so wurm vorm, ‘n hand lente groot.
Neem die deeg en sit dit tussen 2 blaaie plasiek wat ek meel gegooi het.
Rol dit saggies uit met n roller heen en weer.
Rol sodat jy ‘n lang reghoek kry van so 4 tot 5 mm dik. Jy moet die plastiek gebruik om die vouwerk te doen.
Moet nie die deeg van die plasiek afhaal nie, dit sal nie werk nie dit is te slap.
Dit is juis die vou tegniek wat bietjie aangeleer moet word.
Sny nou die kalkoen in sulke skywe en sit dit op die deeg soos jy pasteie sal maak.
Rol dit nou met die plastiek na mekaar toe en rol dit in die plastiek toe tot dit mooi gevorm is.
Druk saggies die punte toe voor jy dit in ‘n gesmeerde oondpan terug rol uit die platiek uit.
As jy begin uitrol raak jy nie weer aan jou deeg met jou kaal hande nie.
Smeer die pastei met die res van die eier wat oor is en bak teen 180°C  tot gaar en bruin.
Lekker vir die warm dae, want dit is soos kalkoen as dit koud is saam slaai. Enjoy!

Resep en foto’s:  Jacobus Jeremia Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page