KERRIEHOENDERPASTEI
- Vulsel:
- 1,5 kg hoender
- 3 uie, gesny in blokkies
- sout en peper na smaak
- 5 ml hoendergeursel (Ina Paarman)
- 10 ml matige kerriepoeier
- 3 ml borrie
- 20 ml blatjang
- 20 ml tamatiesous
- 5 ml Worcestersous
- 10 ml appelkooskonfyt
- 10 ml mielieblom
- Bolaag:
- 325 ml gaar rys
- 5 ml speserye vir rys
- 5 ml sout
- 25 ml botter
- 375 ml gerasperde Cheddar-kaas
- 125 gekapte rooi geel en groen rissie
- 250 ml heelpit mielies, opsioneel
- paprika
Kook hoender uie, sout, peper en hoendergeursel tot sag, verwyder beentjies en velle. Snipper die vleis. Hou 375 ml van die hoenderaftreksel. Voeg vleis en uie saam met die res van die vulsel bestanddele by die aftreksel en meng. Laat prut vir 5 minute. Skep in groot gesmeerde oondskottel.
Bolaag:
Meng die bestanddele vir die bolaag en versprei oor die vleis. Strooi ‘n bietjie paprika oor en sit botterklontjies oral op die gereg.
Bak gereg vir 20 minute teen 190°C. Rooster ‘n paar minute op hoog, strooi ‘n ekstra lagie kaas bo-oor sodat bolaag kan verbruin.
Sit voor met ‘n mengelslaai of piesangslaai met blatjang.
Nota:
Kan gevries word, gebruik net bietjie minder geurmiddels.
Regtig ‘n wenner, almal vra die resep.
Lekker eet.
Foto en resep: Rindi Scheepers-Becker