KERRIEGROENTEBROODJIE
- 500 g bruismeel (3.5 koppies)
- 1 bier
- 1 blik Koo Durban kerrie gemengde groente
- sout en gemaalde peper
- rooipeper (Cayenne)
Meng die bier met die bruismeel tot ‘n gladde deeg.
Voeg die kerriegroente, sout en peper na smaak by en meng goed deur.
Spuit ‘n brood pannetjie met kossproei en skep die mengsel daarin.
Strooi die rooipeper oor die deeg.
Plaas in ‘n verhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Smeer botter oor die boodjie 15 minute voor die baktyd verstreke is.
Resep en foto: Johan Rossouw