Your Recipe Blog

KERRIE WORSPOTJIE

KERRIE WORSPOTJIE

Vir die koue wintersaande, is die dalk ‘n bietjie ‘n anderster potjie… op die vuur of op die stoof, reg binne omtrent 30 – 40 minute. Kerrie worspotjie… heerlik met rys en blatjang.

  • 500 g boerewors, in 2 cm stukke gesny
  • 15 ml olie
  • 2 uie, grof gekap
  • 2 teelepels knoffel en gemmer paste
  • 3 eeetlepels kerriepoeier
  • 2 eeetlepels borrie
  • 3 wortels, in skywe gesny
  • 3 aartappels, in blokke gesny
  • 1 medium patat, in blokke gesny
  • 1 kop broccoli, in blommetjies gesny
  • 1 ½ koppies gevriesde groenboontjies
  • 1 koppie pitmielies
  • 3 koppies water
  • 1 ½ eetlepels appelkooskonfyt of blatjang
  • sout en peper, na smaak
  • 15 ml Maizena, opgelos in 50 ml water, opsioneel

Braai die wors in die pot tot bruin.Voeg ui by en braai nog 8 – 10 minute.
Voeg gemmerpasta, kerriepoeier en borrie by en braai 3 minute.
Voeg al die groente behalwe die broccoli en groenbone by, voeg water by en kook op medium vir 10 minute.
Voeg nou die broccoli, groenbone en konfyt by en prut 10 minute.
Indien die potjie waterig is, verdik die sous met maizena en prut nog 5 minute.
Roer sout en peper by indien nodig en bedien met rys en blatjang.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page