Your Recipe Blog

KERRIE KEKERERTJIESLAAI

Recipe by
| Servings: 4 - 6 porsies

KERRIE KEKERERTJIESLAAI

  • 2 blikkies kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 2 – 3 wortels (± 240 ml), fyn opgesny/gekerf
  • 3 – 4 groen uie (± 240 ml), in skywe gesny
  • 120 ml pitlose rosyne
  • 120 ml kasjoeneute, grof fyngemaak
  • 80 ml vegan mayonnaise
  • 30 ml sap van een suurlemoen
  • 15 ml 11-in-1 kerriepoeier
  • 5 ml knoffelpoeier
  • sout en gekraakte peper na smaak

In ‘n klein bakkie, kombineer vegetariese mayonnaise met kerriepoeier, knoffelpoeier en ‘n ruim knippie sout.
Meng goed deur en laat staan eenkant.
Voeg kekerertjies, wortels, groenuie, rosyne, kasjoeneute in ‘n medium mengbak by mekaar.
Skep die kerrie- slaaisous bo-oor saam met die suurlemoensap.
Meng goed om te kombineer.
Proe vir geur en voeg sout en peper na smaak by.
Laat staan ‘n rukkie sodat die geure lekker kan trou.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page