Your Recipe Blog

KARAMEL SJOKOLADE HEERLIKHEID

Avatar photo
Recipe by
Oornag

KARAMEL SJOKOLADE HEERLIKHEID

LEES EERS RESEP DEUR VOOR JY BEGIN!

  • 2 houers roomkaas, kamer temperatuur
  • 1 houer suuroom
  • 1 blikkie gekookte kondensmelk
  • 2 sjokoladestawe, enige soort
  • 1 koevertjie gelatien (10 g)
  • 1 pak vingerbeskuitjies
  • ekstra sjokolade, om te smelt
  • room of Orley Whip vir versiering
  • Whispers, vir versiering
  • Kors:
  • 1 pak Marie- of Tennis beskuitjies
  • ongeveer 3 teelepels kakao
  • botter
  • Vir sjokolade sous:
  • versiersuiker
  • kakao
  • botter

Meng roomkaas, suurroom en kondensmelk met klitser.
Smelt sjokolade (sommer in mikrogolf) en voeg by mengsel.
Los gelatien op in halwe glas lou water en roer tot helder, voeg by.
Maak beskuitjies fyn voeg droë kakao by beskuitjies en meng.
Smelt botter, voeg by beskuitjies en maak kors – druk net onder in pan vas.
Ek het losboom (spring form pan) gebruik. Sit die kors in yskas vir ‘n tydjie.

Haal die pan uit die yskas en pak die vingerbeskuitjies teen die rand om soos volg:
Sny vingerbeskuitjies in helfte, smelt bietjie sjokolade en druk die onderkant daarin, sodat hul kan mooi staan op die basis enpak  al in die rondte.
Plaas weer in yskas sodat alles lekker kan stol.
Meng die res van die bestanddele  en skep in die kors. Plaas in die yskas, los oornag ten minste.

Volgende dag:
Klits die orley whip en versier die koek daarmee saam met die whispers
Maak die sjokolade wat afdrup van botter, versiersuiker en kakao.
Kook ketel, giet water oor botter en roer tot gesmelt, voeg kakao by en versiersuiker.
Hou maar so aan byvoeg tot jy genoeg het. Drip oor koek/tert en plaas terug in die yskas.
Baie lekker en baie ryk!

Resep geplaas deur Riana du Plessis
Foto:  Riana du Plessis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page