KARAMEL KRAKER
- Broskorse:
- 125 g botter/margarien, kamer temperatuur
- 60 g (75 ml) wit suiker
- 1 eier
- 200 g (375 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- knypie sout
- Meringue:
- 100 g (125ml) witsuiker
- 100 g (125 ml) strooisuiker
- 1 ml bakpoeier
- knypie kremetart
- 2 eierwitte
- 2 ml vanilla geursel
- Vulsel:
- 1 blik karamelkondensmelk
- 375 ml room
- snippers glans kersies, opsioneel
Verroom die botter en suiker. Voeg die eier by en meng goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eier mengsel.
Gebruik 2 laagkoekpanne van 23 cm in deursnee onderstebo. Plaas aluminium foelie oor die onderkant van die panne en bespuit dit met kleefwerende kossproei. Druk die deeg op die panne en sny die rande netjies. Bak die korse 10 minute in ‘n voorverhitte oond by 180° C (350°F). Laat dit effens op die panne afkoel en verwyder dit dan versigtig. (Gebruik die selfde panne en foelie vir die meringue lae)
Meng die wit- en strooi suiker. Skep ‘n derde van die mengsel in ‘n aparte bakkie uit en voeg die bakpoeier hierby, hou dit eenkant tot benodig.
Voeg die kremetart by die eierwitte en klits totdat dit punte vorm. Voeg die suiker eetlepels gewys by en klits goed na elke byvoeging. Klits die geursel by.
Voeg die bakpoeiermengsel by en vou dit liggies met ‘n metaal lepel in die meringue in.
Plaas die aluminium foelie met die dowwe kant na bo oor die onderstebo panne en bespuit dit met kleefwerende kossproei. Smeer die meringue op die foelie in ‘n sirkel net so groot soos die pan.
Droog die meringue in ‘n koel oond oornag 60°C uit met die oonddeur op ‘n skrefie oop.
Smeer die kondensmelk op die broskorse. Klits die room tot styf.
Sit die koek in lae soos volg aanmekaar:
Broskors, kondensmelk, room, meringue laag, room, broskors, kondensmelk, room, meringue strooi die kersie snippers oor en plaas in die yskas tot benodig.
Sit voor met roomys.
Foto en resep: Morne van Staden