KARAMEL KITSPOEDING- EN KLAPPERKOEKIES
- 2,5 koppies suiker
- 250 g margarien
- 2 groot eiers
- 500 g bruismeel
- 1 pakkie kitspoeding, eie keuse
- knippie sout
- 1 koppie klapper
- 1 teelepel karamel geursel
- 1 teelepel koeksoda
Verroom margarine en suiker, voeg eiers een vir een by en klits goed. Voeg geursel by.
Meng al die droë bestanddele en voeg by die eier en margarinemengsel. Meng tot dit ‘n deeg vorm.
Rol balletjies, plaas op ‘n gesmeerde bakplaat, druk effe plat met ‘n vurk en bak op 180°C vir VOL 15 minute.
Resep en foto: Vasti Linquist