KAPOKAARTAPPEL OONDGEREG
Lekker bygereg vir braai.
- 6 medium aartappels, geskil en opgesny (genoeg vir 2 lagies kapokaartappels)
- 2 eetlepels sagte margarien of botter
- 2 medium uie, fyngekerf
- 2 sprietuie, opgekerf
- 250 g spek, opgekerf
- 2 koppies fyn gerasperde Cheddarkaas
- paar takkies vars pietersielie
- sout en peper, na smaak
Voorverhit die oond tot 180º C.
Kook die aartappels met knippie sout tot sag en maak fyn.
Meng 2 eetlepels margarine by en meng goed deur.
Braai die uie, sprietuie, pietersielie en spek tot gaar. Voeg sout en peper by na smaak.
Spuit ‘n oondvaste glasbak met kossproei.
Skep ‘n laag aartappels onder in die bak en druk effens gelyk en plat.
Strooi so bietjie cheddarkaas oor, dan die spek en uiemengsel, gevolg deur nog ‘n laag fyn aartappels en laastens die oorblywende kaas.
Bak ongeveer 10 na 15 minute tot goudbruin en kaas bo en onder mooi gesmelt het.
Bedien warm as bykos.
Resep en foto: Christelle van Rooyen