KALAHARI BROOD
- 4 koppies koekmeel
- 30 ml melkpoeier
- ½ pakkie kitsgis (die pers een)
- 10 ml sout
- 20 ml geelsuiker
- 30 ml botter
- 2 koppies water
Meng droë bestanddele en botter goed saam, gooi water by en knie goed saam tot elasties.
Maak toe en laat rys tot dubbeld die grootte.
Knie af en maak broodjie op in gesmeerde pan.
Laat weer rys tot verlangde grootte.
Bak teen 180°C tot brood goudbruin is. en gaar toets.
Nota: Johan Coetzee
En so moet ‘n halogeen oondjie se brood lyk, drie keer die deeg se grootte ek het die brood ook in die oond laat rys teen lae temperatuur en toe gebak op 175°C vir 35 minute. Kalahari brood resep gebruik net ‘n halwe pakkie kitsgis, mens moet bespaar ook.
Nota: Ben Herbst
Ek het net 3 koppies bruinbroodmeel en een koppie koekmeel gebruik. Ek knie hom in my broodmasjien, maar bak hom in ‘n broodpan in die oond.
Resep en foto: Johan Coetzee
2de foto: Ben Herbst