KAASKOEK MET SUURROOM
- 250 g soetbeskuitjies bv Tennisbeskuitjies
- 125 g botter, gesmelt
- 500 g roomkaas, kamertemperatuur
- 155 g strooisuiker
- 190 g suurroom
- 1 teelepel vanilla ekstrak
- 1 teelepel fyn suurlemoenskil
- 3 eiers
- gevriesde bessies om bo-op te sit
Maak beskuitjies fyn, meng goed met die botter en druk vas in ‘n gesmeerde losboompan en laat 30 minute lank afkoel in yskas.
Meng roomkaas, suiker, suurroom, vanilla en suurlemoenskil goed saam tot glad.
Voeg eiers een op ‘n slag by en roer goed na elke byvoeging.
Skep mengsel in die voorbereide pan en bak vir 50 minute tot 1 uur teen 160 °C of tot net gestol. Die middel sal nog effe jellierig wees (ongestol).
Laat die koek heeltemal afkoel in die warm oond met die deur effens oop.
Gebruik die bessies na smaak, maar ek het ‘n sousie daarvan gemaak met lemoenlikeur, bosbessiekonfyt en skeutjie lemmetjiesap.
Resep en foto: Renè Mouton