Your Recipe Blog

KAASGEVULDE MAALVLEISBALLE MET ‘N SPEKROKKIE

KAASGEVULDE MAALVLEISBALLE MET ‘N SPEKROKKIE

  • 200 g Cheddarkaas, in 3 cm lank en 1 cm dik stafies gesny
  • 1 pakkie skouerspek
  • 500 g maalvleis
  • 1 medium ui, fyn gerasper
  • 2 snytjies witbrood gekrummel
  • 1 eier, geklits
  • 1 wortel gerasper, opsioneel
  • speserye en sout na smaak
  • tandestokkies

Meng al die bestanddele behalwe die kaas en spek in ‘n mengbak.
Smeer ‘n oondbak liggies met olie.
Rol ‘n opgehoopte eetlepel vol maalvleis in ‘n balletjie en druk plat.
Plaas ‘n stafie kaas binne in die maalvleis en vou die maalvleis om die kaas.
Plaas die balletjie in ‘n velletjie spek en steek vas met ‘n tandestokkie.
Herhaal die proses en plaas balletjies in die gesmeerde oondbak.
Bak dit by 180 ºC of tot mooi bruin en gaar.
Bedien dit met gebakte aartappels en ‘n lekker slaai.

Resep en foto:  Mickayla Swart

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page