KAASDEEG VIR SOUT DOPPIES
- 250 g margarien, kamertemperatuur
- 250 ml fyngerasperde kaas of 80 ml kaaspoeier
- 2 eiers
- 750 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
Room smeer en kaas of poeier, voeg eiers by en klits.
Sif droë bestanddele en voeg by. Meng goed.
Druk in doppie panne en bak 12 – 15 minute in oond by 180° C.
Nota
Gebruik vir soet of sout.
Variasie:
Jy kan kaas uitlos, maar dit gee ‘n baie lekker smaak selfs aan sout vulsels.
Resep: Kiti Citi
Foto: Frikkie Jones