Your Recipe Blog

KAASBROODJIE

KAASBROODJIE

  • 2 ½ koppie koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • ½ koppie melk
  • 1 koppie lou water
  • sout na smaak
  • knippie suiker
  • 1 ui, fyn gesny
  • 500 g Cheddar kaas, gerasper (kan meer of minder gebruik na smaak)

Meng meel, gis, sout, suiker, blokkies kaas en ui saam. (Hou van die kaas wat jy gerasper het om bo-oor te strooi).
Voeg nou die melk en lou water by en meng tot hanteerbare deeg. Maak die mengbak toe en sit eenkant neer om te rys.
Laat deeg rys tot dubbel die grootte, knie af en plaas in broodpan om weer te rys.
Verhit oond tot 120°C.
Wanneer die pan vol gerys het, sit in die voor verhitte oond en bak tot gaar.  Toets na 1 ongeveer uur.
Strooi gerasperde kaas bo-oor, sit die broodjie terug in die oond en stel oond op grill tot kaas lekker gesmelt is.
Geniet.

Nota:
Die broodjie moet stadig bak, so stel maar jou oond waar jy gemaklik voel.

Resep en foto: Dawie Rontgen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page