JOGURT VARKTJOPS
Marinade (Marineer oornag)
- 375 ml natuurlike jogurt
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml fyn koljander
- 10 ml fyn gekapte groen of rooi brandrissie
- 5 ml gerasperde gemmerwortel
- 5 ml fyngedrukte knoffel
- 5 ml suurlemoensap
- 15 ml olie
- 5 ml Franse mosterd
- 60 ml tamatiepasta of puree
- 6 vark-lendetjops
- sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele goed saam vir die marinade.
Sprinkel die tjops met sout en peper en plaas dit in ‘n nie metaalbak, giet die marinade oor.
Draai die tjops om sodat die vleis oral oor bedek is en marineer oornag.
Oond of panrooster die tjops ongeveer 5 min aan elke kant of tot tjops gaar is.
Dien warm op.
Resep en foto: Amanda Austen