JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG
- 1 houer gewone jogurt
- 1 bakkie klein tamatietjies
- vars kruie, soveel soos jy daarvan hou
- basilliekruid
- tiemie
- stingel uie (spring onions)
- roket
- knoffel olyfolie
- sout en peper na smaak
- vye blatjang
- garnale
Plaas die tamaties en kruie (behalwe roket) in ‘n oondvaste bakkie.
Sprinkel sout, peper en olyfolie oor en bak vir so 10 min teen 180°C.
Braai die garnale in knoffelbotter.
Skep so 2 eetlepels jogurt in ‘n klein bakkie, daarna ‘n eetlepel vye blatjang en dan so 2 blare roket.
Skep die tamaties bo-oor.
Sit so paar garnale bo-op.
Ek het dit saam ‘n broodjie bedien wat ek bietjie gerooster het in oond.
Resep en foto: Marian van Deventer