JEANETTE SE LEKKERSTE MELKTERT
- 1 teelepel vanilla geursel
- 3 koppies melk
- 2 eetlepels botter
- 6 eetlepels opgehoopte koekmeel
- 1 koppie suiker
- 2 eiers, geskei
- knippie sout
- kaneel
In ‘n groot pot voeg vanilla, melk, botter, suiker en sout saam.
Plaas meel apart in ‘n ander bak en maak ‘n loperige pasta met bietjie van die melkmengsel en ‘n handklitser (moet koue melk wees).
Voeg die eiergeel by meelmengsel en klits deur.
Plaas stoofplaat op 4 en laat melkmengsel tot op kookpunt kom.
Klits eierwit styf in ‘n aparte bak en hou eenkant. Draai plaat af tot op 2.
Voeg meelmengsel stadig by die melkmengsel in die pot in en klits deur met elektriese klitser terwyl jy die meelmengsel stadig byvoeg. Vou eierwit laaste in en klits goed deur en laat bietjie prut sodat meel net gaar word.
Skep in ‘n groot glasbak en strooi kaneel oor.
Laat bietjie afkoel en plaas in die yskas oornag.
Nota:
Ek het ‘n groot beker gebruik en nie ‘n koppie nie dan maak dit ‘n groot melktert.
Resep en foto: Juanri van der Walt