JANITA SE MAKLIKE SOUTTERT
- 4 snye brood
- 1 koppie melk
- 1 eetlepel botter
- 1 x 250 g spek, gesnipper
- 6 rooi worsiens (viennas), gerasper
- 1 blikkie soutvleis
- 1 eier
- 1 ui, gerasper
- 1 koppie gerasperde kaas
- gedroogde pietersielie-stukkies, vir afronding
Plaas 4 snye brood, botter en melk in ‘n pot en meng tot pap oor lae hitte.
Meng die spek, worsies en blikkie soutvleis saam in ‘n bak. Voeg eier, ui en kaas by.
Voeg broodmengsel by en meng effens.
Skep in gespuite middelslag oondvaste bak en strooi pietersielie bo-oor.
Bak vir 40 minute teen 180 °C.
Resep en foto: Janita van Rhyn