JAFEL WAFELS
Hierdie wafels is uit die boeke uit lekker. Het die resep gekry in ‘n Huisgenoot van 2014. Bak dit in jou jafelpan, daar waar jy kamp of op die vuur, kry myne nie, toe trek ek maar my kolwyntjie bakker nader.
- 2 koppies koekmeel
- knippie sout
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 2 eiers
- 375 – 500 ml karringmelk
- 60 ml botter, gesmelt
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers, karringmelk, botter in ‘n beker.
Meng die droë en natbestanddele en laat staan ‘n halfuur.
Smeer jafelpan en verhit op die vuur.
Giet beslag in jaflepan tot byna vol.
Bak tot bros en gaar.
Maak ‘n stroop van bietjie water, stroop en botter saam gekook en bedien saam met die wafel en roomys.
Wenk:
Maak jou eie karringmelk: 1 eetlepel asyn op 1 koppie melk.
Foto en resep geplaas: Frieda Greyling